Onthou: Geregistreerde leerlinge kry toegang tot die herkykskakel tot einde November
“The best way to predict your future is to create it.” – Abraham Lincoln
"Success is the sum of all efforts, repeated day-in & day out." – R. Collier
Onthou: Geregistreerde leerlinge kry toegang tot die herkykskakel tot einde November
Baie geluk met jou puik prestasie Joël. Joël het sedert sy Graad 8-jaar Beeldskool getrou bygewoon. Meeste van sy 8 vakke het hy bokant 90% presteer. Hy het veral op Wiskunde klasse gefokus by Beeldskool. In sy Matriekjaar het hy ook Fisiese Wetenskappe bygewoon. Hy het medies keuring gehaal en begin 2026 met sy mediese studies.
Ouers kan Beeldskool versoek om hul kind se prestasie op hierdie webtuiste te plaas.
(kliek op die onderstaande foto om te vergroot)
NB!! KENNISGEWING AAN OUERS EN LEERDERS
Beeldskool 2026.
REGISTRASIES VIR 2026 IS NOU OOP. U KAN NOU REGISTREER.
Leerlinge ontvang die herkykskakel na afloop van die klasse. Indien jy sport het, sal na die tyd kan opvang.
U kan die 2026-rooster nou aanlyn besigtig en aflaai.
Beeldskool bestaan meer as 30 jaar, waarvan die laaste 6 jaar aanlyn.
Beeldskool word groter op nasionale vlak saam met Netwerk24.
Bestel jou Kreatiewe Skryfkompetisiewenners e-bundel nou: 2019 - 2024 wenners. Bestel ook jou kopie van die 2025 wenners.
NB!! KENNISGEWING AAN OUERS, LEERDERS EN ONDERWYSERS
BEELDSKOOL 2024.
Registreer nou: Beeldskool Lenteskool 2024
Kreatiewe Skryfkompetisie: Uitslae is hier beskikbaar (kliek hier).
Alle Beeldskool materiaal het streng kopiereg.
Het jy al gewonder wat Die Burgerskool is?
DIE BURGERSKOOL IS JOU SKOOL NET VIR JOU - WAAR JY OOK AL IS
Leerlinge en ouers beskryf Die Burgerskool as ekstra klasse, ekstra hulp, afrondingsklasse, onderrig uit ‘n ander perspektief, en ander noem dit weer ‘n top prestasie skool, of, dit voel of ek in die klas sit. Elk het sy eie mening. Hoe dit ookal sy, kom kyk self en vorm jou eie siening van Die Burgerskool en ervaar ook die puik resultate soos duisende ander leerlinge.
Kry dit nou reg, nie later nie met eksklusiewe ekstra aanlyn klasse by Die Burgerskool - dis elke sent werd sê leerlinge. Geen ander leerervaring is soos jou Die Burgerskool ervaring nie.
'n Verandering is só goed soos 'n vakansie! So is Die Burgerskool vir Gr. 11 & 12 leerlinge. En nou ook vir Gr. 8-10. Dit is 'n topgehalte opknappingsskool wat deur ervare onderwysers in die praktyk aangebied word om leerlinge se bestaande vakkennis op te skerp en hulle behoorlik vir die kurrikulum en komende eksamens af te rond. Dit is 'n wonderlike geleentheid om die vakke wat aangebied word uit 'n ander oogpunt te sien.
Die Burgerskool word nou virtueel aangebied soos bo aangedui vir graad 11 en 12-leerlinge om te help met kurrikulum en eksamenafronding. Dit word in Afrikaans aangebied in vakke soos:
Wiskunde,
Fisiese en Lewenswetenskappe,
Rekeningkunde,
Besigheidstudies,
Afrikaans Huistaal, en
Engels Eerste Addisionele Taal; en nog meer…
Leerlinge kom jaarliks van heinde en verre om dit by te woon en getuig van die puik afronding wat dit hulle bied. Dit is nou makliker as ooit om by die klasse in te skakel.
Tegnologie stel ons nou instaat om meer leerlinge en meer grade te betrek. Om leerlinge van Suid-Afrika nie net kompeterend te maak met die wêreld nie, maar die beste. Stelselmatig sal die reikwydte uitgebrei word.
Hier by Die Burgerskool (E-skool) glo ons dat in tye van onsekerheid, enige iets moontlik is. Maar enige iets gebeur nie vanself nie. Ons laat dit gebeur. Waar jy ookal is: onderrig vanuit 'n ander perspektief.
Die Burgerskool is die leier op die gebied van ondersteuning vir graad 11-12 leerlinge wat hulle prestasies wil verbeter en het 'n trotse tradisie wat oor baie jare gevorm is deur ons onderrigmetodiek, bekostigbaarheid en ons onderwysers wat topgehalte onderrig gee.
So het Die Burgerskool tot stand gekom in virtuele formaat vir ondersteuning aan ons leerlinge, sonder om ons unieke en tradisionele aanbiedingsmetode mee weg te doen. Die Burgerskool en Beeldskool sal gevolglik ook beskikbaar wees vir leerlinge wat nie ons tradisionele kontakklasse kon bywoon nie. Ons gebruik tegnologie platforms om 'n vloeiende diens te lewer.
Hier by Die Burgerskool is ons opgewonde oor die nuwe wyse van uitreik om ons leerlinge te bereik deur middel van media wat wêrelwyd toegang kan verleen tot ons unieke stelsel, styl en onderrigmetodiek.
Tegnologie daag ons ook uit om ons uitreik aansienlik verder te strek as ons gewone ondersteuningsdienste. Die doel van hierdie ontwikkelinge is om ons leerlinge deur afstandsonderrig af te rond en voor te berei vir verdere onderwys en opleiding, deur hulle aan te spoor tot beter prestasie vir sodanige keuringsprosesse en toelatingsvereistes.
Alle inkomste word teruggeploeg in ons onderwysprogram.
Ons aanlyn klasse is nie vooraf opgeneemde videos wat teruggespeel word nie.
Indien leerlinge wel 'n klas misloop, is daar geleentheid om direkte virtuele klasopnames weer te kyk.
Ons poog om die aanlyn klasse so naby moontlik aan kontak onderrig te bring om sodoende ons unieke aanbiedingstyl te behou.
Die aanlyn klasse is interaktief.
Meer as 30 jaar ondervinding in die afronding en voorbereiding van leerders.
Die program word bestuur deur ervare onderwysers.
Die Burgerskool gebruik van die beste ervare onderwysers met puik eksamen uitslae
Ouers wat self Die Burgerskool (Beeldskool) bygewoon het, laat hulle kinders weer registreer vir ons klasse - en nou ons aanlyn klasse.
Die Burgerskool (Beeldskool) het 'n huishoudelike naam geword.
Daar is baie nabootsers van die Die Burgerskool. Indien die naam Beeldskool of Die Burgerskool nie in 'n programnaam verskyn nie, dan het sodanige program geen verbintenis met ons nie. Ons het ons eie gesogte en unieke styl en karakter; en bestaan reeds vir meer as 20 jaar (20 jaar in sy huidige formaat).
Geen ander leerervaring is soos jou e-skool ervaring nie.
Die bestuur van Die Burgerskool is self ervare onderwysers.